Skilpadtepel
Adam Tas
3:25Op 'n riempies bank in 'n rietdak huis sit Liewe Jesus en my pa Hulle praat so oor die boerdery en al die peste wat so pla Op 'n AGA stoof staan 'n ketel en kook soet swart boeretroos Daar's 'n glimlag op Jesus se gesig en in my pa se blou blou oë En is dit hoe Sy Hemel lyk? En is dit hoe Sy Hemel proe? En hoeveel paadjies moes hy loop om 'n stukkie van Sy Hemel te proe? En hoeveel paaie moes hy loop om 'n stukkie van Sy Hemel te proe? Op 'n visserman skuit in 'n silwer see sit my vriend Schalk en vang Sulke groot vet visse wat sy nette skeur en soos reën in sy boot in val En ek sien hoe hy na Sy Hemel kyk daar's 'n glimlag in sy oë En sy laaste vakansie was so welverdiend soos manna uit die Hand van Bo En is dit hoe Sy Hemel lyk? En is dit hoe Sy Hemel proe? En hoeveel paadjies moes hy loop om 'n stukkie van Sy Hemel te proe? En hoeveel paaie moes hy loop om 'n stukkie van daai Hemel te proe? Op 'n riempies bank in 'n rietdak huis Sit Liewe Jesus en my pa Hulle praat so oor die boerdery en sê alles is okay my bra