Cruiser
Appel
3:30My oupa was ‘n man daar van Pretoria wes By Eskor gewerk het hy het sy staal geken In sy DKV geklim ja dou voor dag Geglo ledigheid’s die kussing waar die duiwel wag Sy vuiste was gebal ja hy het geboks Hy was so lief vir die leer bal en lief vir die trots Hy’t sy beste gegee om sy beste te wees Maar soms was die monsters net te veel Die monsters wat soms ‘n huis verdeel Hy sê ‘n man wat werk met sy hande Sal nooit te swaar trek nie ‘n God vreesende man van genade ken nie sy einde nie ‘n Hardwerkende man, ‘n hardwerkende man Wat sy Here ken, by sy beginsels staan Dis ‘n ware man, ‘n hardwerkende man My oupa was ‘n man daar van Pretoria wes By spoorwee gewerk sy gereedskap geken In sy Cressida geklim van vroeg tot laat So baie op sy hart maar hy mag nie kla Hy sê ‘n man wat werk met sy hande Sal nooit te swaar trek nie ‘n God vreesende man van genade ken nie sy einde nie ‘n Hardwerkende man, ‘n hardwerkende man Wat sy Here ken, by sy beginsels staan Dis ‘n ware man, ‘n hardwerkende man Eendag sal hy eendag met die perde wen ‘n Stukkie grond kan koop en weer vrede hê Hy was ‘n weeskind gewees hy sou sy alles gee Om my pa en sy broer met die liefde te steun Om my pa en sy broer met die liefde te steun Hy sê ‘n man wat werk met sy hande Sal nooit te swaar trek nie ‘n God vreesende man van genade ken nie sy einde nie ‘n Hardwerkende man, ‘n hardwerkende man Wat sy Here ken, by sy beginsels staan Dis ‘n ware man, ‘n hardwerkende man Dis ‘n ware man, ‘n hardwerkende man Dis ‘n ware man, ‘n hardwerkende man