Die Byeboerwa
Carike Keuzenkamp
3:13Daar is 'n lied wat hul sing van twee mense Van jonge liefde wat nie mag bestaan Hul mag nie trou teen haar vader se wense Sy's toegesluit waar die wilgerboom staan Sing my die lied wat my hart kan betower Geverf op borde in beelde van blou Sing my die lied uit die wilger se lower Dit is die lied wat die tortel onthou Sy seel haar brief met 'n soen en 'n glimlag En hoop die water en wind neem dit gou Na waar hy daar an die oewer bly waghou Totdat hul môre hul huisie kan bou Sing my die lied wat my hart kan betower Geverf op borde in beelde van blou Sing my die lied uit die wilger se lower Dit is die lied wat die tortel onthou Dink aan al die jare wat verby gaan Dink aan al die liefde saam met jou Maar die duiwe in die wilger bome Sal steeds die liefdeslied onthou Hul vlug toe ver van haar vader se tuiste Oor vlaktes wyd oor die velde se dou En toe die dood hulle haal op sy vlerke Bly hulle leef in twee duifies so blou Sing my die lied wat my hart kan betower Geverf op borde in beelde van blou Sing my die lied uit die wilger se lower Dit is die lied wat die tortel onthou Dit is die lied wat die tortel onthou