Die Ander Bethlehem
Coenie De Villiers
3:12N Kamer met 'n venster N stoel en dalk 'n bed Die stilte van 'n ruimte Wat net sonlig in hom het Weg van al die mense Die geknoei en die lawaai Om uiteindelik 'n plek te vind N Hawe en 'n kaai Geborge teen die storms Beskut teen elke wind N plek waar jy kan asem skep Waar jy jouself kan vind Want jy sal alles wat jy liefhet Uiteindelik verloor Dis 'n weggesteekte waarheid Vir hulle wat kan hoor