Gebed Van 'N Reisiger
Coenie De Villiers
3:20Die betongewelf van die kapel word sy hemel, word sy hel Waar hy daagliks met penseel sy visie van die heelal deel Daar is gerubs en orakels, profete en hy self In die hemel ingeskilder tuur af uit die gewelf Snags drup kerse warm was in sy oë op sy kwas Wat elke tint van elke kleur uit sy hande laat gebeur Daar’s die roesrooi van Toskane, die blou van hierdie lug Daar is groen soos nooit tevore, hier teen die kerk se rug En in die middel daar reik God, Sy vinger na die mensdom uit Na Adam wat nou skaam en naak skugter uit sy slaap ontwaak Die Skepper blaas na eeue steeds lewe in die man Wat namens ons wat opkyk, Sy asem bly ontvang En kardinale wat sou opkyk, ver benede op die vloer Weet hul sien ‘n wonderwerk Word dadelik meegevoer Deur die maestro wat uit pleister, en pigment ‘n hemel maak Wat die Ware Meester naboots wat iedereen diep raak En in die middel daar reik God, Sy vinger na die mensdom uit Na Adam wat nou skaam en naak skugter uit sy slaap ontwaak Die Skepper blaas na eeue steeds lewe in die man Wat namens ons wat opkyk, Sy asem bly ontvang En in die middel daar reik God, Sy vinger na die mensdom uit Na Adam wat nou skaam en naak skugter uit sy slaap ontwaak Die Skepper blaas na eeue steeds lewe in die man Wat namens ons wat opkyk, Sy asem bly ontvang En in die middel daar reik God, Sy vinger na die mensdom uit Na Adam wat nou skaam en naak skugter uit sy slaap ontwaak Die Skepper blaas na eeue steeds lewe in die man Wat namens ons wat opkyk, Sy asem bly ontvang