Gebed Van 'N Reisiger
Coenie De Villiers
3:20Die see onthou die storms wat om die wêreld oor hom woed Hy onthou die koue strome en die riviere wat hom voed In sy diepste, donker kluis rus daar skepe op koraal Want die water se geheue het hul na jare weer kom haal So onthou ‘n eik die winde wat selfs die hoogste takke roer Elke spreeu wat in hom nes maak en sy kleintjies in hom voer Hy onthou die reën wat saggies oor die berg se spits kom stoot Wat dan worteldiep kom syfer, wat net aan die eenheid behoort ‘n Lyf onthou die hande wat hom vashou in die nag Die warmte bly behoue terwyl hy weer op iemand wag ‘n Bed onthou kontoere van ‘n elmboog of voet Wat iewers in die donker hom teen die eensaamheid behoed Niks gaan ooit verlore nie, selfs die liefde bly behoue In die skadus van my kamer, in my laken en sy voue ‘n Huis onthou die mense wat deur die jare in hom woon En al skif die tyd sy mure, bly die kamers altyd skoon In die tas van sy herinnering reis ‘n klein tinktinkie saam Wat lank gelede nes kom maak hier teen sy vensterraam ‘n Lyf onthou die hande wat hom vashou in die nag Die warmte bly behoue terwyl hy weer op iemand wag ‘n Bed onthou kontoere van ‘n elmboog of voet Wat iewers in die donker hom teen die eensaamheid behoed Niks gaan ooit verlore nie, selfs die liefde bly behoue In die skadus van my kamer, in my laken en sy voue ‘n Lyf onthou die hande wat hom vashou in die nag Die warmte bly behoue terwyl hy weer op iemand wag ‘n Bed onthou kontoere van ‘n elmboog of voet Wat iewers in die donker hom teen die eensaamheid behoed Niks gaan ooit verlore nie, selfs die liefde bly behoue In die skadus van my kamer, in my laken en sy voue