Notice: file_put_contents(): Write of 639 bytes failed with errno=28 No space left on device in /www/wwwroot/muzbon.net/system/url_helper.php on line 265
Coenie De Villiers - Op Reis | Скачать MP3 бесплатно
Op Reis

Op Reis

Coenie De Villiers

Альбом: Hart Van Glas
Длительность: 4:23
Год: 2011
Скачать MP3

Текст песни

Op reis
Deur verre lande
Soek ek opnuut my land se lug
Ek soek wolke
Op die horison
En die wind wat iewers sug

Deur die blare van ‘n bos
Langs die plaasdam van my jeug
Al reis ek altoos verder, dis net herinnerings wat deug

Op reis
Deur verre lande
Hoor ek deur die stadsrumoer
Hoe ‘n bosduif iewers nes maak
En in ‘n doringboom kom koer

Ek ruik reen wat skielik opslaan uit ‘n stofpad deur die veld
En ek sien ‘n goue skemer
Wat die nag se koms vermeld

Want in my hart
Woon daar ‘n plaas
Met ‘n windpomp en ‘n dam
Met lusern
In ‘n skuur
Met skape wat kom lam

In die die koelte van ‘n klipmuur wat deur my drome sny
En hoe meer my voete reis
Dwing my hart my om te bly

Op reis
Deur verre lande
Is die winters dikwels wit
En ek soek
‘n Opslagsomer
En ‘n vloer
Van perskepit

In ‘n ou-ou skemer opstal waar ‘n lamp vertroostend brand
En al reis jy deur die vreemde
Vind jou kompas steeds jou land

Want in my hart
Woon daar ‘n plaas
Met ‘n windpomp en ‘n dam
Met lusern
In ‘n skuur
En met skape wat kom lam

In die die koelte van ‘n klipmuur wat deur my drome sny
En hoe meer my voete reis
Dwing my hart my om te bly

Want in my hart (Want in my hart
Woon daar ‘n plaas
Met ‘n windpomp en ‘n dam
Met lusern (Met lusern)
In ‘n skuur
En met skape wat kom lam

In die die koelte van ‘n klipmuur wat deur my drome sny
En hoe meer my voete reis
Dwing my hart my om te bly