Windmeul Van Jou Hart
Coenie De Villiers
4:21Daar's die ringe om Saturnus Daar's die troupant van my pa Dis die sirkels van ons lewens Dalk 'n servetring van my ma Al is ons almal stukkend Al het ons onbehulpe lief Al is die minnaars wat ons lief het Nie ons eie nie, maar stief Al wat dan nog oorbly is die flardes van 'n vers Dalk 'n stukkie van 'n lied Want dis al wat ek kon bied Al sê ek alles wat verkeerd is Al het ek veels te laat berou Wat die lente aan 'n boord doen Wil ek meebring met 'n soen Daar's die ringe om Saturnus Daar's die troupant van my pa Dis die sirkels van ons lewens Dalk 'n servetring van my ma