Karoonag
Coenie De Villiers
2:52My slampamperlied gespeen op winterreën Is klein en sag soos kuikentjies en warm soos my tjello My slampamperlied vertel van bruin seisoene Van manderyn lemoene so soet soos marsepan En ek speel hom op my windharp en ek draai hom toe Doe-doe, doe-doe En ek los hom in ‘n moskaros teen die môre Doe-doe, doe-doe My slampamperlied kom lê dan teen jou vlanke As jy bang word in die donker waar jou koperbed soms leeg is My slampamperlied besweer jou ergste vrese Huiwer in die somer van ‘n donker nag se drome En ek speel hom op my windharp en ek draai hom toe Doe-doe, doe-doe En ek los hom in ‘n moskaros teen die more Doe-doe, doe-doe Doe-doe