Karoonag
Coenie De Villiers
2:52Teerheid is 'n vlinder 'n Papillon d'amour Vervlietend nes 'n blomgeur Ontwykend soos toujours Jou hartstog is robyne 'n Vuur gevang in glas Dit smeul nes ou ballades Nes kole onder as Jou wreedheid is 'n springmes Geslepe en presies Ontwerp na jou behoeftes Verseker teen verlies Jou kilheid is 'n yspriem Wat lig breek soos kristal En breek tot lig versplinter En swart word in sy val Jou wreedheid is 'n springmes Geslepe en presies Ontwerp na jou behoeftes Verseker teen verlies Jou teerheid is 'n vlinder 'n Papillon d'amour Vervlietend nes 'n blomgeur Ontwykend soos toujours