Daar'S 'N Plek
Coenie De Villiers
3:33Die winter piggel teen die ruit Die donker kom druip na binne Huiwer net ‘n oomblik, Glip dan weer saggies uit Die sirkels word al kleiner Al nouer word die kring Wat die amber van die more Die doelloos nader bring Die reëls kan soms verskil maar die spel bly steeds dieselfde Die soektog word noodwendigheid Want die mens bly steeds net helfte Die soektog word noodwendigheid Want die mens bly steeds net helfte Die nag bly steeds ‘n bedevaart ‘n Doringpad nog ongekaart Waar die groot en die ou, ou sonde Bloei uit nuwe dieper wonde Die horlosie sluip die ure Onverbiddelik en tog Oorleef ‘n duisend donker vure Die liefde se bedrog Die reëls kan soms verskil maar die spel my vriend bly steeds dieselfde Die soektog word noodwendigheid Want die mens bly steeds net helfte Die soektog word noodwendigheid Want die mens bly steeds net helfte