Beste Dae
Twee
4:03Ek het probeer uitwerk Maar dis onmoontlik Honderd duisend kilos tussen die skool, die veld en die kerk Ek sweer jy is brawer as meeste mense Jy het soveel wense vir my waar laat word Een keer 'n jaar is nie genoeg nie Ek weet ek moet meer gereeld net bel en dankie sê Vandag dank ek die Here vir my lewe Wat Hy gegee het, wat jy gegee het Dankie vir al die duisende dinge Vandag wil ek 'n glasie op jou menswees klink Vir elke keer se lief vir jou my kind Ek weet jy het al nagte vir my omgelê en bid Jy is my klankbord al vir hoeveel jare Altyd slaggereed om harde vrae te vra En as ek gaan stilstaan en my oë toemaak Onthou ek jou raad Jy moet vir my inpraat Dankie vir al die duisende dinge Vandag wil ek 'n glasie op jou menswees klink Vir elke keer se lief vir jou my kind Ek weet jy het al nagte vir my omgelê en bid Jy het my leer dink aan al die mense Spesifiek aan die wie minder as ons het Om te dink daar was jare waar ons min gepraat het Ek moes 'n plan gemaak het Ek wil dit net sê Dankie vir al die duisende dinge Vandag wil ek 'n glasie op jou menswees klink Vir elke keer se lief vir jou my kind Ek weet jy het al nagte vir my omgelê en bid Dankie vir al die duisende dinge Vandag wil ek 'n glasie op jou menswees klink Vir elke keer se lief vir jou my kind Ek weet jy het al nagte vir my omgelê en bid Jy is 'n rots Jys 'n anker