Hierdie Kind
Jan De Wet
5:20Die lewe is ‘n groot orkes En elke mens is soos ‘n instrument Jy speel heel anders as die res En God is die Groot Heer dirigent Jou klank is heel besonder En dit is ‘n luister werd En elke mens se wonder in die lewe se konsert Jy speel jou eie wysie Jou eie melodie Maar God laat alles saamvloei Tot ‘n heel groot simfonie Die lewe is ‘n groot orkes En elke mens is soos ‘n instrument Jy speel heel anders as die res En God is jou Groot Heer dirigent Jou klank is heel besonder En dit is ‘n luister werd En elke mens se wonder in die lewe se konsert Jy speel soos wat jou hart dink Jou eie melodie Maar God laat alles saamklink Tot ‘n wonder harmonie Jy dink jy is oorbodig En net ‘n onderdeel Maar God het jou so nodig Vir die simfonie geheel