O Heer My God
Jan De Wet
4:15Wat dink mense, wat sê hul van My? En koerante wat skryf hul oor My? Is ek fabel, fiksie of ‘n feit? Is Ek in of is Ek uit? En was Ek net ‘n oomblik in die wind? ‘n Storieboek verhaal, ‘n Kersfees Kind? ‘n Toring met ‘n klok wat boontoe wys? ‘n Man wat kaal hang aan ‘n kruis? Ek is die Weg en die Waarheid, die Lewe Ek is die lig vir jou maan En Ek oorval jou met sprankel en vrede Ek is jou blink helder pad Ek vul jou hart met die sin van die lewe Ek hou My hand oor jou vrees Ek ken die plan wat ontvou uit jou gene En Ek weet wat jy kan wees Wat sê mense, wat dink hul van My? En wat wys die TV nuus oor My? ‘n Paternoster vir ‘n oggend mis? Is dit wie jy dink Ek is? En is Ek soos die teologie dit leer? ‘n Katedraal, ‘n nuwe wierook geur? Maar net ‘n Kinderbybel spesialis? Is dit regtig wie Ek is? Ek ken jou lewe, jou drome, jou stasies Ek loop die pad met jou saam En by die doodloop van jou aspirasies Wys Ek ‘n beter weg aan Ek’s die vervulling van jou mooiste drome Ek is jou asem, ek wil Jou hart laat oorloop met lewende strome Net Ek kan jou honger stil Mense filosofeer oor My en vra het Ek ‘n woord en stem? Soveel twyfel en praat oor My, as hul My hart net kon ken Ek is die Weg en die Waarheid, die Lewe Ek is die lig vir jou maan Jou hart oorval ek met sprankel en vrede Ek is jou blink helder dag Ek ken die broosheid en seer van jou lewe Ek is jou hoop en jou krag Ek sorg vir jou soos ‘n boer vir sy skape Ek les jou heel grootste dors En as jy leef in gevaarlike strate Hou Ek jou na aan my bors Ek is die Weg en die Waarheid, die Lewe Kom na my, kom les jou dors