Die Son Sal Weer Skyn
Jannie Moolman
4:13Ek het ‘n vriendin Vêr by die blou see Teen die hang van Tafelberg, as die son sak Speel sy die mooiste melodieë Haar vingers ken die pad Opgesluit in wit en swart Die klavier se grootste vreugde Hartseer en verlange Verstaan die hart se diepste smart Ja, die hele wêreld word stil En luister in die donker uur Na die naggeluide van Lisa se klavier Ja, die hele wêreld word stil En luister in die donker uur Na die naggeluide van Lisa se klavier Lisa kan nie ophou as sy eers begin het nie Sy laat my nooit huis toe loop of afskeid neem Voor my laaste sigaret nie Ek staan op haar balkon En drink haar appelkoostee Kyk na Kaapstad in die nag Die liggies En die swart, swart see Ja, die hele wêreld word stil En luister in die donker uur Na die naggeluide van Lisa se klavier Ja, die hele wêreld word stil En luister in die donker uur Na die naggeluide van Lisa se klavier En onder op die sypaadjie Sien ek 'n bergie en sy maat Wat staan en opkyk vêr na bo Vanuit die vullis Van Oranjestraat Hulle ken al lank die klanke Wat uit haar woonstel stroom Lank na twaalf met die deure oop Al moan die bure ook al hoe, word Lisa Elke boemelaar se droom Ja, die hele wêreld word stil Ja, die hele wêreld word stil En luister in die donker uur Na die naggeluide van Lisa se klavier Ja, die hele wêreld word stil En luister in die donker uur Na die naggeluide van Lisa se klavier