Notice: file_put_contents(): Write of 655 bytes failed with errno=28 No space left on device in /www/wwwroot/muzbon.net/system/url_helper.php on line 265
Kaleidoskoop - Bittersoet Van Koffie | Скачать MP3 бесплатно
Bittersoet Van Koffie

Bittersoet Van Koffie

Kaleidoskoop

Альбом: Vars Uitgekerf
Длительность: 4:52
Год: 2012
Скачать MP3

Текст песни

Een suiker, bietjie melk met beskuit
Net nie lou, is hoe jy daarvan hou
Gunsteling tyd van my dag was koffie saam met jou
Maar waar’s jy nou

Die tyd ons pad verdeel
En al waarmee jy my hier agterlaat is die reuk van koffie oral om my heen

Ek mis die koffie saam met jou
Die reuk van koffie laat my die goeie tye saam met jou onthou
Wat sal ek nie gee, o wat moet ek doen
Vir nog net een koppie koffie saam met jou

Die soet geur eers probeer vermy
Deur kwarantyn in die huis dit amper reggekry
Rehabilitasie
Het my op koers gegooi
Tot Mugg & Bean jou weer in my gedagtes in nooi
Nooi

Nou rook ek koffie in die oggend, snuif koffie in die aand
Eet koffie op my brood en drink koffie in my slaap
Want ek is verslaaf aan die kaffeïen of nee eerder verslaaf aan jou

Rook ek koffie in die oggend, snuif koffie in die aand
Eet koffie op my brood en drink koffie in my slaap
Want ek is verslaaf aan die kaffeïen of nee eerder verslaaf aan jou

Die tyd ons pad verdeel
En al waarmee jy my hier agterlaat is die reuk van koffie oral om my heen

Ek mis die koffie saam met jou
Die reuk van koffie laat my die goeie tye saam met jou onthou
Wat sal ek nie gee, o wat moet ek doen
Vir nog net een koppie koffie saam met jou

‘n Klop aan my deur
Die bekende geur
Staan jy weer met ‘n koppie koffie, jy het teruggekeer

Ek drink weer koffie saam met jou
Die reuk van koffie, die reuk van jou weer so soet soos wat ek dit onthou
Wat sal ek nie gee, o wat moet ek doen
Vir ‘n leeftyd se koffie saam met jou
Vir ‘n leeftyd se koffie saam met jou