Houtskool
Klopjag
3:53As die honger aan my maag kou Dan stap ek af in Schoeman en sny koek oor die museum se gras Tot by die KwikSpar in Wesselstraat 'n Ou Bob Dylan song blêr in my kop terwyl my voetstappe Die ritme hou Boemelaars knik beleef vir my net om te se hey (Hey, hey) Ons verstaan Karloos Karloos in Arcadia en die wêreld ry verby my Sê my jy kom terug (Sê my jy) Terug om te bly Waar is jy nou? Opgejack en gestrip vir parte iewers langs die pad, kon jy nie net 'n alarm insit nie, jou armgat Soggens verkyk ek my aan karre soos ek wag om Pretorius te kruis Tot waar die Colbynbus my oplaai in Kerkstraat Op die sitplek voor my lees 'n tannie weer haar kleinkind se brief Moë oë vonkel vir die kiekie Links bo in die hoek Karloos Karloos in Arcadia en die wêreld ry verby my Sê my jy kom terug (Sê my jy) Terug om te bly O want ek mis jou My rooi masjien Soos ek aan stap Herhaal busroetes en 'n masnommer in my kop Partykeer maak die wêreld nie vir my sin nie, maar Maar dan steek ek maar nog 'n sigaret op Ag want ek's karloos Karloos in Arcadia Sê my jy kom terug Terug om te bly O want ek is karloos Karloos in Arcadia en die wêreld ry verby my Sê my jy kom terug (Sê my jy) Terug om te bly O want ek mis jou My rooi masjien