Johnny Is Nie Dood Nie
Koos Kombuis
3:43Ek het 'n vriendin Ver by die blou see Teen die hang van Tafelberg As die son sak Speel sy die mooiste melodieë Haar vingers ken die pad Opgesluit in wit en swart Die klavier se grootste vreugde, hartseer en verlange Verstaan die hart se diepste smart Ja, die hele wêreld word stil En luister in die donker uur Na die naggeluide van Liza se klavier Ja, die hele wêreld word stil En luister in die donker uur Na die naggeluide van Liza se klavier Liza kannie ophou As sy eers begin het nie Sy laat my nooit huistoe loop of afskeid neem Voor my laaste sigaret nie Ek staan op haar balkon Drink haar appelkoostee Kyk uit na Kaapstad in die nag Die liggies En die swart, swart see Ja, die hele wêreld word stil En luister in die donker uur Na die naggeluide van Liza se klavier Ja, die hele wêreld word stil En luister in die donker uur Na die naggeluide van Liza se klavier En onder op die sypaadjie Sien ek die bergie en sy maat En staan op en opkyk ver na bo Vannuit die vullis Van Oranjestraat Hulle ken al lank die klanke Wat uit haar woonstel stroom Lank na twaalf met die deure oop, al moan die bure ookal hoe Word Liza elke boemelaar se droom Ja, die hele wêreld word stil En luister in die donker uur Na die naggeluide van Liza se klavier Ja, die hele wêreld word stil En luister in die donker uur Na die naggeluide van Liza se klavier