Psalm 103
Louis Brittz
3:58Die lewe by ons, is nogals soet Maar die tyd loop uit vir die kinders van Beiroet Die vroue in Kairo, is moeg gewag vir later Die koerde in Turkye vra, waars die lewenswater? Kan iemand hoor hoe hulle roep? Here gee my U gekruisigde hande wat gee Gekruisigde voete wat loop Waar U sou loop Van myself gestroop 'n Hart waarin waarheid kan groei En trane wat vryelik vloei As worteldiep U liefde groei En nuus op die TV laat my sug Ek raak dit al gewoond En ek draai my rug Maar 'n bedelaar in Indië se oë is verwytend En deur sy harde masker Sien ek sy oë is pleitend En Jesus vra, waarom ek vlug? Here gee ons U gekruisigde hande wat gee Gekruisigde voete wat loop Waar U sou loop Van myself gestroop 'n Hart waarin waarheid kan groei En trane wat vryelik vloei As worteldiep U liefde groei Ek weet dat iemand sal moet gaan Dat ander kan verstaan Ek weet dat iemand dalk moet sterf Dat ander U kan erf Here gee ons U gekruisigde hande wat gee Gekruisigde voete wat loop Waar U sou loop Van myself gestroop 'n Hart waarin waarheid kan groei En trane wat vryelik vloei As worteldiep U liefde groei U liefde groei