Droomvrou
Mathys Roets
4:37Die houtgeweer is stil Die houtgeweer skiet krom Maar die houtgeweer word profeet meneer oor die oorloë wat steeds kom Al word die kinders vaak Skiet ‘n houtgeweer steeds raak En die houtgeweer is ‘n skynverweer sal soldate van hul maak Om te sterf is pynloos snel As die houtgeweer jou fel Waar die sneller knal en die vyand val word die dood ‘n skadu spel Om te wyfel is fataal Dis ‘n roer wat selde val Wat soos ‘n kuur deur ‘n houtmik vuur laat die vyand duur betaal Voor die teiken kan verdwyn Die verbeelding dalkies kwyn Het die skoot getref en ‘n kind besef hy's soldaat al is hy klein Om te sterf is pynloos snel As die houtgeweer jou fel Waar die sneller knal en die vyand val word die dood ‘n skadu spel So word die gereg Deur ‘n houtgeweer besleg Deur die speël visier word die dood gevier wat verkeerd was word nou reg Die houtgeweer is stil Die houtgeweer skiet krom Maar die houtgeweer word profeet meneer oor die oorloë wat steeds kom Daar lê al lank ‘n vreemde, alleen in son en wind Een middag het die dood hom half onverwags gevind Ver van die loopgraf lê hy en ek volg eensaam vrees Voel elke dag gewisser dat hy my broer moet wees Ek sien hom elke oomblik waar hy so weerloos lê En soms is daar ‘n fluistering asof hy iets wil sê Snags skrik ek skielik wakker en hoor hom saggies ween My broer, my broer ag waarom laat jy my so alleen? Toe het ek deur die koel reën geklouter oor die draad Hom teruggedra, begrawe, ‘n vreemde kameraad My hart was nie verkeerd nie My oë het hul misgis Ek weet dat elke dooie, my eie bloedbroer is