Home

Home

Moontricks

Альбом: Home Ep
Длительность: 4:46
Год: 2015
Скачать MP3

Текст песни

Kyk of jy vir my die son kan vang
Daar is 'n kamer in die huis waar die son kan haal
Dis donker by die venster in die middel van die dag
Onthou jy nog hoe helder die kamer kon lag

Kyk of jy vir my die son kan bring (bring)
Daar is 'n liedjie in die gange waar die son kan sing
Want dis stil in die hoeke in die koue seisoen (seisoen)
Kan jy sien wat die wind en die reen aan my doen

Sonvanger
Ek vra jou mooi
Laat hom weer vir my kom skyn

Sonvanger
Laat my verstaan hoe 'n somer sommerso in die niet kan verdwyn
En laat hom skyn

Kyk of jy vir my die son kan kry (kan kry)
Daars 'n huisie in my hart waar die son kan bly
Kyk of jy vir my die son kan stuur (stuur)
Daars 'n plekkie in die tuin waar die son kan speel

Sonvanger
Ek vra jou mooi
Laat hom weer vir my kom skyn

Sonvanger
Laat my verstaan hoe 'n somer sommerso in die niet kan verdwyn
En laat hom skyn

Bring 'n bietjie lig vir die draaie op my pad
En 'n handjie vol strale vir die donker in my hart

Sonvanger
Ek vra jou mooi
Laat hom weer vir my kom skyn
Sonvanger

Laat my verstaan
Hoe 'n somer sommer so indien net kan verdwyn
En laat hom skyn