Liza Se Klavier (Live At Firkin / 2004)
Pieter Smith
3:30Die koue aande Voel soos my hart in Junie maande As winter's winde na my vraende By my wil weet waar jy nou is Die winter's nagte Bring jou weer terug na my gedagte Onvergete onverwagte Augustus aande sonder jou Maar in Oktober Voel ek weer nader aan die somer Dit maak van my maar weer ‘n dromer Wat dromend loop en vir jou wag Die lente dae Bring elke dag vir my meer vrae Van lank vergete somer aande Waar jy nou was hier in my hart Op my kalender Is dit reeds laat al in Desember Die kleure om my raak bekender As groen die blare begin raak Maar groen verander Dan weer in Junie maande Dit word weer kouer in die aande En vul die plekke waar jy was Maar in Oktober Voel ek weer nader aan die somer Dit maak van my maar weer ‘n dromer Wat dromend loop en vir jou wag Die lente dae Bring elke dag vir my meer vrae Van lank vergete somer aande Waar jy nou was hier in my hart