Liza Se Klavier (Live At Firkin / 2004)
Pieter Smith
3:30Marico in jou bos Is daar ‘n ritsel as die son die aarde los? Waar warm waaigras vir die aand se stilte wag? Tot in die donker van die nag Die bossies hou snags En as die wind sy draai en bots hier teen die krans Hoor jy geluide van die diere wat hier dwaal En bo dit druis die waterval Die spore in die plein Verklap die loop van die legende wat hier bly Die stemme in die wind Verraai die vrese uit die oë van ‘n kind Waar bloedrooi skadu onder maanlig vir jou wag En waar die donker vir jou lag Die skemer maak my moedeloos, die donker maak my bang Want as die dag verby is loop die waterbobbejaan Die heimwee in die wind vertel die storie wat hier hang Pappa jaag daai perdekar die volmaan wil my vang Marico binne jou Lê die legende se geheime wat jy hou Waar die buffelgras onder soetdoring staan Van die waterbebbojaan Die stemme in die bos vertel van diere wat net agter spore los ‘n Warrelwind van pret en twyfel wat hier draai Het al jou spore toegewaai In ‘n wêreld vol van vrees is dit soms beter om ‘n skaduwee te wees Jou storie hier was wyd Maar weggewaai deur die winde van die tyd En as die koue stad se skadu jou verlaat Loop jy hom dalk nog eendag raak Die skemer maak my moedeloos, die donker maak my bang Want as die dag verby is loop die waterbobbejaan Die heimwee in die wind vertel die storie wat hier hang Pappa jaag daai perdekar die volmaan wil my vang Pappa jaag daai perdekar die volmaan kom my vang Die spore in die plein Verklap die loop van die legende wat hier bly Die stemme in die wind Verraai die vrese uit die oë van ‘n kind Waar bloedrooi skadu onder maanlig vir jou wag En waar die donker vir jou lag Die skemer maak my moedeloos, die donker maak my bang Want as die dag verby is loop die waterbobbejaan Die heimwee in die wind vertel die storie wat hier hang Pappa jaag daai perdekar die volmaan kom my vang Pappa jaag daai perdekar die volmaan kom my vang Pappa jaag daai perdekar die volmaan kom my vang O Pappa jaag daai perdekar die volmaan kom my vang