Skipskop
Sonja Herholdt
4:57(Kom herwarts geliefde) Met voete vlugtug oor Boland se berge Oor koel valleie, varkoor versamel in die vlaktes Uit die koue Bokkeveld En die Witteberge naby Bethlehem Trek op uit die Hantam gebergtes En snel geluideloos deur die donker Vir toef nie, vir klere nie Ook nie vir brood of wyn nie Net die hoewe van die aarde Wat sterre vonke, silwer mane, wit salpeter teen sy vlanke Want 'n Kind is gebore 'n Seun is gegee 'n Kind is gebore 'n Seun is gegee In vreugde ontvang en gebore In vreugde ontvang en gebore 'n Seun wat die aarde lams sal huppel Oseaane sal opvang in Sy strand emmer Sy speelgoed oor vaste lande stroei Oor kape met windrigtings se helder top laat tol En die son soos 'n koenie-koen In sy agtersakke dra Kom herwarts geliefdes vrolik see vier in Kom herwarts geliefdes vrolik see vier in Psalms sing, psalms sing Met goud, wierook en mirre Psalms sing, psalms sing Met goud, wierook en mirre En kniel op die berge waar daar son is En kniel op die berge waar daar son is Gevange en heerlik, en bloesheid en gekruisig Teen die aand se ritme van die ewigheid