Waar Jou Huis Is
Spoegwolf
3:20Song & Lyrics by Danie Du Toit. Music Written & crranged by Spoegwolf. © Spoegwolf (PTY) LTD, 2023. Daar's 'n vuur in Cloetesville Jy hou ons baba styf en stil Onder in die agtertuin staan 'n engel nog in pyn Na die vloed, na die val Ons drink bier van melk en roet En praat oor dinge wat ons pla Hou net stil die wilde pyn Soos 'n hengel-haak in my Na die vloed, na die val Jy sê dis nou moeilik Ek kan voel jy's wakker Dis als stadig Maar daar's nou 'n nuwe lewe in jou arms Daar's 'n stilte in jou kyk Iets wat agter in my bly Weg van al die vrees en bloed En die stories wat my sny Na die vloed, na die val Dis my tweede rondte hier En al daai fokkers hang nog rond Jy is die gekraakte ruit tussen my En al die skyn van hul donker son Jy sê dis nou moeilik Ek kan voel jy's wakker Dis als stadig Maar daar's nou 'n nuwe lewe in jou arms Jy sê dis nou moeilik Ek kan voel jy's wakker Dis als stadig Maar daar's nou 'n nuwe lewe in jou arms Daar's 'n vuur in Cloetesville