Vêr
Spoegwolf
4:20Ons het met Ackerman's se All Stars die winter gras gaan loop Ek het my ma se jeans gedra, myne was te groot Ons het laat op die berg pad die dorp se lig gaan vang O ons harte was soos nette ek sleep dit nou al lank hier saam Ek swaai dit oor my kop jy vra nie dat ek stop nie Jy maak dit maklik Jy glo ek is goed Na die bloei Kom die gloed Dis ons een, twee, drie, ek blok myself ons droom van 'n gesin Ek het 'n boom vir jou geplant, 'n akker in die wind Dalk sal ons kinders hul ligte hoog in dit kan hang O jy roep ons almal binne, daar's sterre op my wang geverf Daar's blare op my kop, jy vra nie dat ons stop nie Jy maak dit joune Al die goed en die sleg Jy maak my joune Al is almal al vergewe Ons gaan oud word en doof word en al ons haat verleer Hand aan hand soos 'n liggie string, sterker as die see Is jy nog sterker as die see? Jy maak dit joune Al die goed en die sleg Jy maak my joune Al is almal al vergewe Jy maak dit joune Al die goed en die sleg Jy maak my joune Al is almal al vergewe