Tien Jaar
Spoegwolf
2:59Maak ‘n deur oop, sit die lig aan Jy’s die hart in hierdie huis Bel my broers ook sê ek’s veilig Ons het te lank op die veld gebly Ek was ‘n kind in die strate Daar was zombies in die strate Jy was ook in jou kamer Met daai borsel in jou hare Nou’s ons dertig jaar oud Met ‘n huis in ‘n woud Ons stap ons honde Waar die son bars Ek onthou soms die kind Wat gedroom het oor jou En al daai wonde word geheime Geheime dwaal aan ons lywe Bring jou denim Bring jou vlerke Ek wil gaan waar die klowe skeur Hou die stuurwiel Hou my hart ook Dalk is om oor te gaan die beste weg weer Ek is ‘n kind op my bergfiets Ons kon vlieg met die stroompies Jy’t gaan stap in die berge Met daai brief van jou pa'le Nou’s ons dertig jaar oud Met ‘n huis in ‘n woud Ons stap ons honde Waar die son bars Ek onthou soms die kind Wat gedroom het oor jou En al daai wonde word geheime Geheime dwaal aan ons lywe Nou’s ons dertig jaar oud Met ‘n huis in ‘n woud Ons stap ons honde Waar die son bars Ek onthou soms die kind Wat gedroom het oor jou En al daai wonde word geheime Geheime dwaal al hoe stywer Aan ons lywe Aan ons lywe