Tien Jaar
Spoegwolf
2:59Die somer het gaan staan net soos die straatlig gaan dobber op die water Ek het jou gedroom en wakker geword in ons lewe Die Here sit nou nog en flikker in jou hart, hare Ons was al oud toe ons mekaar leer ken het op die water Jy het jou lyf gehou asof jy bang was Ek moet partykeer nog my oë toe knyp My oë Daar sê die wyse manne sal die heelal oneindig bly Ek hoop jy weet jy is die heelal vir my Die winter het gebreek soos ‘n waterballon bo oor my skuld Het ek jou vertel hoe groot my aandeel was? My deel in die aanval wat ek nie kan vergeet, wil nie Dis moeilik om te glo dat ons die nagmerrie uiteindelik ontduik Ek het jou gehoor toe ek wild en wreed gedraai het Word wakker jy’s veilig die son is weer uit Kom uit Daar sê die wyse manne sal die heelal oneindig bly Ek hoop jy weet jy is die heelal vir my Daar sê die wyse manne sal die heelal oneindig bly Ek hoop jy weet jy is die heelal