As Ek Vra
Theuns Jordaan
5:13Vyf voor nege as ek Hatfield sien En die kuier vir die aand is in Duncanstraat McGillis tot McGinty's op my kitaar geslaan In Maloneys gestaan, op 'n Donderdag aand Op 'n Donderdag aand As die ore min raak, my oë toe Kom die barman om als weg te vat, ek rol die drade op, maak die koffers vol Net die koffie bly oor, om my warm te maak My warm te maak Jy't gesê vanaand, sal jy kom luister soos gisteraand Maar jou stoel is leeg en my hart is vol van al die goeters wat ek jou nog wou vra Maar nou's dit vir my weer sulke tyd Pak tyd, trap tyd, tjailatyd Pak tyd, trap tyd, tjailatyd Kwart oor twee as die plek stil raak en die druppels teen die ruite hulle prentjies maak Al 'n duisend keer hierdie pad gestap, vir 'n appel en 'n ui Deur my hart gestap Vir die liefe van die saak Jy't gesê vanaand sal jy kom luister soos gisteraand Maar jou stoel is leeg en my hart is vol van al die goeters wat ek jou nog wou vra Maar nou is dit vir my weer sulke tyd Pak tyd, trap tyd, tjailatyd Pak tyd, trap tyd, tjailatyd Pak jou kitare vir die reis Al voel jy verlore in die stadsgedruis Jou voete sal jou die plekke wys Gloeiende gesigte sal jou droom laat skyn Die eelte op jou vingers sal weer verdwyn Jy't gesê vanaand sal jy kom luister soos gisteraand Maar jou stoel is leeg en my hart is vol van al die goeters wat ek jou nog wou vra Maar nou dis dit vir my weer sulke tyd Pak tyd, trap tyd, tjailatyd Pak tyd, trap tyd, tjailatyd