Laaste Sigaret
Twee
3:21Mens, kom ons wees vir oulaas romanties Die plaashuis staan leeg, ek moes aanbeweeg het So kom, kom ons steek 'n kattebak vol kerse Hang langs die dam, ek sal jou moet vervang Patensie roep my en die tyd kom nader vir my Om my hart af te baken maar ek weet Daar sal altyd plek wees Vir jou vrees maar die ligte verblind my en Ek's eintlik 'n kind van die berge Van die berge So kom ons dans en maak lawaai want binnekort is dit koebaai Want vir nou is dit verby Vir nou is dit verby Jy sal moet kom kuier en ek sal luister Selfs wanneer jy binnemonds fluister Maar vir nou is dit verby Vir nou is dit verby Mens, dankie vir die jaar vol goeie tye As die foto's kon praat ons sal hul moet bewaar Ek hoop, ek hoop dat al jou wildste drome waar word Ek is eintlik bang, hoe gaan ek jou vervang? Patensie roep my en die tyd kom nader vir my Om my hart af te baken maar ek weet Daar sal altyd plek wees Vir jou vrees maar die ligte verblind my en Ek's eintlik 'n kind van die berge Van die berge So kom ons dans en maak lawaai want binnekort is dit koebaai Want vir nou is dit verby Vir nou is dit verby Jy sal moet kom kuier en ek sal luister Selfs wanneer jy binnemonds fluister Maar vir nou is dit verby Vir nou is dit verby So kom ons dans en maak lawaai want binnekort is dit koebaai Want vir nou is dit verby Vir nou is dit verby Jy sal moet kom kuier en ek sal luister Selfs wanneer jy binnemonds fluister Maar vir nou is dit verby Vir nou is dit verby Mens, kom ons wees vir oulaas romanties Die plaashuis staan leeg Ek moes aanbeweeg het