Notice: file_put_contents(): Write of 652 bytes failed with errno=28 No space left on device in /www/wwwroot/muzbon.net/system/url_helper.php on line 265
Worsie Visser - Strandfontein | Скачать MP3 бесплатно
Strandfontein

Strandfontein

Worsie Visser

Длительность: 3:51
Год: 2004
Скачать MP3

Текст песни

Dit was 'n helder maanskyn aand
Daar op Strandfontein se strand
Toe stap net ek en jy
En ons loop hand aan hand

Met ons pype opgerol
En ons tone in die koue sand
En eenkant by die Kommetjie
Was daar fosfor liggies wat brand

Ek beloof aan jou die see
Met die maan en die sterre saam
Jou liefde is vir my
'n Vreemde wentelbaan

Ek beloof aan jou die see
Met die maan en die sterre saam
Jou liefde bly vir my
'n Vreemde wentelbaan

Sout is die smaak op jou lippe
As ek jou so sagkens soen
Die water klots teen die klippe
Wat anders kan ek doen

Die maan het agter 'n wolk verdwyn
Maar ons liefde die sal nie kwyn
Dit sal net altyd sterker groei
Soos die see en die gety

Ek beloof aan jou die see
Met die maan en die sterre saam
Jou liefde is vir my
'n Vreemde wentelbaan

Ek beloof aan jou die see
Met die maan en die sterre saam
Jou liefde bly vir my
'n Vreemde wentelbaan

Dit is 'n helder maanskyn aand
Hier op Strandfontein se strand
Nou loop ek hier alleen
Met my hart hier in my hand

Met my pype opgerol
En my tone in die koue sand
En eenkant by die Kommetjie
Was daar fosfor liggies wat brand

Ek beloof aan jou die see
Met die maan en die sterre saam
Jou liefde is vir my
'n Vreemde wentelbaan

Ek beloof aan jou die see
Met die maan en die sterre saam
Jou liefde bly vir my
'n Vreemde wentelbaan

Jou liefde bly vir my
'n Vreemde wentelbaan
Jou liefde bly vir my
'n Vreemde wentelbaan