Windmeul Van Jou Hart
Coenie De Villiers
4:21Ek verken ‘n duisend boeke Loop die spoor deur jare na Elke antwoord baar ‘n vraag En daar is reeds ‘n duisend vrae Maar ek soek steeds onverpoosd Al bly die wysheid my ontwyk En ek hou steeds goeie moed Dat ek die eindpunt sal bereik Waar die raaisel homself oplos En die spieël uiteindelik bars En ek die waarheid straks kan vasvang Soos ‘n skelet in oer-ou hars