Groentrui
Jan Blohm
3:51My hart verlang na die stilte van die wye wuiwende veld Ver van die stadsgeluide en die klinkende klank van geld Ek is moeg vir die rustelose lewe van mense wat kom en gaan Ek wil terug na die vrye ruimtes waar ‘n siel in woon wat verstaan Ja ek sien weer die son op die velde en die ewige blou daarbo En my hart skiet vol van heimwee en my drome swem in my oë En my hart skiet vol van heimwee en my drome swem in my oë Ek sien weer die ylbloue berge daar ver oor die westerkim En wonder nie meer waarom weemoed so sag uit my liedere klim Klim na die grys lug bowe waar die son in die miste kwyn Want o, ek verlang na die velde na die ewige sonneskyn