Na Soveel Jaar
Coenie De Villiers
3:50'n Plaas is soos 'n legkaart waaraan 'n boer geduldig bou Maar net 'n stukkie van die prentjie Is syne om te hou Hy weet die ware eienaar is die skepper en sy reën Wat soms so lank kan wegbly Hy verlang na hierdie seën So hou hy die hemel dop Hy bespuut die horison Hy verstaan die taal van wolke Die lugseleksie kon hy ruik die reën se voetspore in die nate van die wind En waar die water wegkruip sal 'n boer Sy heiland vind 'n Plaas hou sy geskiedenis in die aarde opgesluit Waar mense nie kan sien nie Bewaar die grond sy puit 'n Boer weet die geheimenis, ken die kode van die kluis Waar 'n plaas sy skatte wegsteek en sy weelde skugter wys En so hou hy die hemel dop Hy bespuut die horison Hy verstaan die taal van wolke Die lugseleksie kon hy ruik die reën se voetspore in die nate van die wind En waar die water wegkruip sal 'n boer Sy heiland vind