Notice: file_put_contents(): Write of 630 bytes failed with errno=28 No space left on device in /www/wwwroot/muzbon.net/system/url_helper.php on line 265
Corrazerwas - Wentelbaan | Скачать MP3 бесплатно
Wentelbaan

Wentelbaan

Corrazerwas

Альбом: Troebaboer
Длительность: 3:50
Год: 2017
Скачать MP3

Текст песни

Die wêreld draai en swaai al om die son
Ek sal jou myne gee as ek by kan kom
Ek's uitgeslinger, ek drentel op my eie aan
En ek reis hier deur die ruimte op die roete na my wentelbaan

Dis eensaam en dis donker op die drempel van die hemelruim
Maar van hier sien ek die omvang van jou lig wat deur die duister skyn
Ek steek my hand uit met die hoop om tot by jou te gaan
En ek strompel deur die kosmos in die rigting van my wentelbaan

Om, om jou te wees
Jou stelsel te verstaan
Ek's 'n sonderling
Koud en kaal
Maar jy trek my aan
Na my Wentelbaan

Dis veilig en dis warm in die arms van jou atmosfeer
En dis hier waar ek van voor af oor die wonder van die lewe leer
Nêrens anders wil ek wees nie, want wie sal my soos jy verstaan
En ek sweef nou om jou lig hier op die wieke van my wentelbaan

Om, om jou te wees
Jou stelsel te verstaan
Ek's 'n sonderling
Koud en kaal
Maar jy trek my aan
Na my Wentelbaan