Bobotie
Ddisselblom
3:58Doloriet spatsels Van die outyd Hier opgestapel Krans op krans Yl blou berge van die Hantamwyk Waar klipmuur die berg omsoom En natuurkinders aan jou hange wei Kan ek die dag omdroom En as soggens vroeg Jou wange bloos En skadus uit Jou klowe kruip Ontwaak jou prag van bos en struik Die sterboom skiet die hoogte in Terwyl jakkelsjong en roosmaryn In my neusgate sluip Hantamwyk, Hantamberg Tuiste van mens en dier Hier wil ek altyd werk My siel en liggaam se rusplek En die rykdom Van jou rooi klei Sal weldadig deur Deur my vingers gly