Carwatch Camels
Ddisselblom
3:42Sy was nie oulik, sy was nie vroulik Sy was nie eintlik baie mooi nie Maar ek sien haar voor haar stofie En ek ruik haar lekker bobotie Ek het haar sien loop Tussen die Kaap en Grabouw Sy was bietjie mank Maar ek het geweet Met haar gaan ek trou Dit was een somernag En 'n bietjie sweet Toe staan ons voor die magistraat en Sweer die eed Sy was nie oulik, sy was nie vroulik Sy was nie eintlik baie mooi nie Maar ek sien haar voor haar stofie En ek ruik haar lekker bobotie Na ses kinders en dieselfde huis Het die huwelik verbrokkel Soos 'n slegte kys Ek het hard geskreeu en hard probeer Maar die armoede was vir haar Net te seer Die welsyn sny hulle voorraad Maar fyntjies En so het die bobotie gekom Sonder rosyntjies Jy's nie oulik, jy's nie vroulik Jy's nie eintlik baie mooi nie Maar ek sien jou voor jou stofie En ek ruik jou lekker bobotie Dit was in jaar agt en twintig Toe ou dokter diagnoseer En vier maande later moes die kospotte my leer Bobotie is 'n knewel As jy sy kuns nie ken En sonder my vroutjie Sou ek sy resep nooit wen Sy was nie oulik, sy was nie vroulik Sy was nie eintlik baie mooi nie Maar ek mis haar voor haar stofie En ek mis haar lekker bobotie Ek het nog een laaste keer 'n Kransie gaan lê En ek was gedwing Om die volgende te sê Jy was nie oulik, jy was nie vroulik Jy was nie eintlik baie mooi nie Maar ek mis jou voor ons stofie En ek mis ons lekker bobotie