Notice: file_put_contents(): Write of 655 bytes failed with errno=28 No space left on device in /www/wwwroot/muzbon.net/system/url_helper.php on line 265
Die Gaskunstenaars - Lisa Se Klavier | Скачать MP3 бесплатно
Lisa Se Klavier

Lisa Se Klavier

Die Gaskunstenaars

Альбом: Republiekgees
Длительность: 3:00
Год: 2013
Скачать MP3

Текст песни

Ek het ‘n vriendin
Vêr by die blou see
Teen die hang van Tafelberg
As die son sak
Speel sy die mooiste melodieë

Haar vingers ken die pad
Opgesluit in wit en swart
Die klavier se grootste vreugde, hartseer en verlange
Verstaan die hart se diepste smart

Ja, die hele wêreld word stil
En luister in die donker uur
Na die naggeluide
Van Lisa se klavier

Ja, die hele wêreld word stil
En luister in die donker uur
Na die naggeluide
Van Lisa se klavier

Lisa kan nie ophou
As sy eers begin het nie
Sy laat my nooit huis toe loop of afskeid neem
Voor my laaste sigaret nie

Ek staan op haar balkon en ek drink haar appelkoostee
Kyk ek na Kaapstad in die nag
Die liggies
En die swart, swart see

Ja, die hele wêreld word stil
En luister in die donker uur
Na die naggeluide
Van Lisa se klavier

Ja, die hele wêreld word stil
En luister in die donker uur
Na die naggeluide
Van Lisa se klavier

En onder op die sypaadjie
Sien ek die bergie en sy maat
Wat staan en opkyk vêr na bo vanuit die vullis
Van Oranjestraat

Hul ken al lank die klanke
Wat uit haar woonstel stroom
Lank na twaalf met die deure oop
Al moan die bure ook al hoe word Lisa
Elke boemelaar se droom

Ja, die hele wêreld word stil
Luister in die donker uur
Na die naggeluide
Van Lisa se klavier

Ja, die hele wêreld word stil
En luister in die donker uur
Na die naggeluide
Van Lisa se klavier