Opsoek Na Liefde
Ivan Roux
3:13Ons het gebreek, wat het gebeur? Ek wou nog aanhou In twee geskeur, my trane reën Was ons net ‘n fout? Daar is iets wat jou terug hou (Wat nou?) ‘n Gevoel wat bly vasklou (Aan jou) En dit maak dat ek mal gaan oor jou Dit is anders as wat ek (Onthou) Jy wou net altyd langer (Vashou) Ek sukkel om jou te vertrou So moenie sê jy’s lief vir my nie As jy dit nie bedoel nie Moenie sê jy’s lief vir my nie As jy dit nie so voel nie Dis al die vals hoop wat my onder kry Jy lieg vir my, jy lieg vir my Ek sal jou by die horison gaan kry Nou’s dit verby Net ek probeer, jy kan jou nie steur Om nog aan te hou In my hart gesteek so ek bloei al deur My klere vir jou Daar is iets wat jou terug hou (Wat nou?) ‘n Gevoel wat bly vasklou (Aan jou) En dit maak dat ek mal gaan oor jou Dit is anders as wat ek (Onthou) Jy wou net altyd langer (Vashou) Ek sukkel om jou te vertrou So moenie sê jy’s lief vir my nie As jy dit nie bedoel nie Moenie sê jy’s lief vir my nie As jy dit nie so voel nie Dis al die vals hoop wat my onder kry Jy lieg vir my, jy lieg vir my Ek sal jou by die horison gaan kry Nou’s dit verby Iets sit nie lekker in my borskas nie Daar’s dinge wat ek en jy nooit gesê het nie So ongemaklik dis ‘n tragedie Wil jy nie sê wat tussen ons gekom het nie? So moenie sê jy’s lief vir my nie As jy dit nie bedoel nie Moenie sê jy’s lief vir my nie As jy dit nie so voel nie Dis al die vals hoop wat my onder kry Jy lieg vir my, jy lieg vir my Ek sal jou by die horizon gaan kry Nou’s dit verby