Daar'S 'N Dierbare Kruis

Daar'S 'N Dierbare Kruis

Jan De Wet

Длительность: 4:45
Год: 1999
Скачать MP3

Текст песни

Daar's 'n dierbare kruis waar my Heiland bewys
Die liefde wat Hy vir my het
Daar is alles voldaan en die vyand verslaan
Daar word ek van sonde gered

By die kruis, by die kruis wil ek bly
Tot die stryd hier benede is volstry
Tot ek eens in die hemel sal woon
Daar verwissel ons kruis met 'n kroon

(Daar verwissel ons kruis met 'n kroon)

O die dierbare kruis waar die uiterste prys
Deur kosbare bloed is betaal
Daar is smarte gely en versoening verkry
Waar Jesus oorwinning behaal

By die kruis, by die kruis wil ek bly
Tot die stryd hier benede is volstry
Tot ek eens in die hemel sal woon
Daar verwissel ons kruis met 'n kroon

By die dierbare kruis sal my loflied verrys
Tot eenmaal daarbo by die troon
Want dan is ons tuis in die Vader se huis
En dan wissel ons kruis met 'n kroon

By die kruis, by die kruis wil ek bly
Tot die stryd hier benede is volstry
Tot ek eens in die hemel sal woon
Daar verwissel ons kruis met 'n kroon

Tot ek eens in die hemel sal woon
Daar verwissel my kruis met 'n kroon