Elke Een Anders

Elke Een Anders

Jan De Wet

Длительность: 2:08
Год: 2007
Скачать MP3

Текст песни

Ja ons is elke een anders en almal uniek
En tog is ons boeties en sussies
Elke een anders en almal uniek
Die Here het ons so gemaak

Hier is klein Koos wat maklik kan bloos
As hy weet hy maak 'n voutjie
En daar is Johan hy lag as hy kan
Hy is 'n heel vriendelikke outjie

En wat van Karmien wat maklik kan sien
As een van haar maats se hart seer is
En daar is Chantelle wat alles vertel
Van dit wat nog aan die gebeur is

Ja ons is elke een anders en almal uniek
En tog is ons boeties en sussies
Elke een anders en almal uniek
Maar een familie van mekaar

Hier is Marie sy's glad nie skaam nie
Sy sê als wat op haar hart is
En daar is Lucil so kalm en stil
'n Mens weet nie eens as sy daar is

En daar is Francois wat altyd net kla
As dinge nie na sy wens is
En dan is daar Naas wat lag en wat raas
En wat 'n gesellige mens is

Ja ons is elke een anders en almal uniek
En tog is ons boeties en sussies
Elke een anders en almal uniek
Maar een familie van mekaar