Hoe Groot Is U
Jan De Wet
4:12Ons rus, ons werk, ons is te sterk Ons streef en waag en val so laag Ons dink ons weet maar het vergeet Hoe klein ons is en hoe min ons weet Ons lag, ons huil, ons dans, ons skuil Ons droom, ons veg, en dan is ons weg En gou, te gou sal als verdwyn Hoe broos is ons, hoe nietig en hoe klein Dié lewe gaan so gou verby Net ons geloof in God sal bly Ons werk so hard om meer te hê Net om daarvoor totsiens te sê (Daarvoor totsiens te sê) Ons soek, ons vind, en oes die wind Ons wik en weeg die uurglas leeg Ons dink, ons weet, maar ons vergeet Hoe klein ons is en hoe min ons weet