Koninkryk

Koninkryk

Jan De Wet

Длительность: 2:51
Год: 2007
Скачать MP3

Текст песни

Die Apostollies en die NG's en die Vollies is hier
Saam met Doppers en Assemblies om 'n Kerkfees te vier

Ons kuier almal saam in die Here se naam
Ons is een familie wat ook saam kan staan

Koninkryk, noem ons maar Sy Koninkryk

Daar is Presbyteriane, Agapé en Anglikane
Adventiste en Baptiste en Wesley Metodiste

Jesus het die Kruis vir ons almal gedra
Vir die sondaars en die Rhema's en die A en PPK

Koninkryk, ons is Sy Koninkryk

Jy vra my, sal ons kan saamwerk? Is ons 'n span?
Sal ons kan staan teen die duiwel se plan?

Vir seker en 'n duisend-maal 'ja ons kan'
Eendrag maak mag in die Here se krag

Koninkryk, kom ons bou Sy Koninkryk

Hier is Hervormers en PPK en EGK's
Hier is susters wat blou rokke saam met blou hoede dra

Daar is Lighuise en Hatfield's en Rooms-Katolieke, 
Lutherane en IFCC's en Ortodokse Grieke

Koninkryk, almal saam Sy Koninkryk

Die duiwel sal probeer om God se werk te keer
en dan kom fluister hy 'n storie oor die ander ou se leer

En hy sê my hulle is skeef en hul styl en teologie
Maar ek druk my ore toe ek sê ek glo jou nie 

Want ek het God hoor sê ek moet my broer liefhê
Maak nie saak wat die mense of die duiwel sê

Daarom sal ek jou eer en jou laste dra
Want ons hoort bymekaar ons het mos net een Pa!

Koninkryk, ons is deel van Sy Koninkryk
Ja ons is Sy Koninkryk