As Hy Weer Kom, As Hy Weer Kom
Jan De Wet
1:56Praat ek mense eng'letale maar dis nie uit liefde nie Is my woorde hol simbole klanke sonder melodie? Al kan ek geheime uitlê berge deur geloof versit Of al het ek al die kennis sonder liefde is ek niks Sonder liefde sal my gawes al my ywer my nie baat Net die liefde onbaatsugtig bly oorwin met goed die kwaad Onreg kan dit nie verdra nie dit is met die waarheid bly Deur vergiffenis hoop verwagting kom die beste in ons vry Al die tale profesieë met die tyd gaan dit verby Net die liefde die volmaakte kom en sal vir altyd bly Want geloof gee troos en rigting na die toekoms reik die hoop Liefde is en bly die grootste liefde sluit die lewe oop