Die Son Sal Weer Skyn
Jannie Moolman
4:13In die Hoëveld waar dit oop is En die hemel wyd daar bo Waar kuddes waaigras Huppel oor die veld Waar 'n mens nog vry kan asemhaal En aan 'n God kan glo Staan my huisie Wat ek moes verlaat, vir geld En as ek in die gange van die myn hier sit en droom Oor die winde op die Hoëveld Ruim en vry Dan hoor ek die geklinkel van my spore, saal en toom Sawens as ek bees of skaap toe ry In die Hoëveld waar dit wyd is En jy baie ver kan sien Die ylblou bring 'n knop dan in jou keel Staan my huisie nog en wag vir my Wag al 'n jaar of tien Waar die bokkies Op die leigrafstene speel Maar as die tering kwaai word en ek hoor die laaste fluit Dan sweef ek na die Hoëveld op die wind Dan soek ek in die maanlig al die mooiste plekkies uit Waar ek klei-osse gemaak het As kind Maar as die tering kwaai word en ek hoor die laaste fluit Dan sweef ek na die Hoëveld op die wind Dan soek ek in die maanlig al die mooiste plekkies uit Waar ek klei-osse gemaak het as kind