Notice: file_put_contents(): Write of 647 bytes failed with errno=28 No space left on device in /www/wwwroot/muzbon.net/system/url_helper.php on line 265
Kaleidoskoop - Dagdroom-Sindroom | Скачать MP3 бесплатно
Dagdroom-Sindroom

Dagdroom-Sindroom

Kaleidoskoop

Альбом: Vars Uitgekerf
Длительность: 3:50
Год: 2012
Скачать MP3

Текст песни

Jy is verre beeldskoon verby
Sê ek net voor ek alweer voor jou gly
Maar voor ek die grond tref moet ek eers bely
Nog nooit so geval vir ’n meisie soos jy

Ek hakkel as ek
Met jou wil praat
Dit breek my elke keer, ek is semi-desperaat
Asseblief Here Jesus
Gee my die krag
Om ’n punchline te bou wat vir haar sal laat lag

Maar die kuiltjies aan die kant van jou wang
Is meer as genoeg om my hart vas te vang
En die woorde is op die punt van my tong
Maar as jy vir my glimlag
Dan hakkel hierdie klong

Dagdroom-sindroom die heeldag deur
Van hoe jy in lewensgevaar bly verkeer
En ek dan jou hero, jou lewe kom red
Waarna jy my wonde met Dettol ontsmet

I think, you think
Therefore we are
Perfectly compatible, bedoel vir mekaar
Op my knieë, op my nerwe
Ja, op my tyd
Sal jy saam my oud word? Ek sal mooi na jou kyk

Maar die kuiltjies aan die kant van jou wang
Is meer as genoeg om my hart vas te vang
En die woorde is op die punt van my tong
Maar as jy vir my glimlag
Dan hakkel hierdie klong

’n Leeftyd later en ons liefde blom
Maar ons dae saam raak min
Snaaks genoeg val ek nog steeds oor my woorde
Die oomblik as jy my hand in joune neem

Maar die plooitjies aan die kant van jou wang
Is meer as genoeg om my hart te laat staan
En die woorde is op die punt van my tong
Steeds as jy vir my glimlag
Dan hakkel hierdie klong