The Call
Kaleidoskoop
3:29Douvoordag, jy nog aan die oë uitvee, tussendeur wilde hare glimlag jy verleë Alhoewel die son nog sluimer agter die berg se voet Het die dag reeds gebreek die oomblik toe jou oë my groet O lewenslus lei jou deur die vroeë oggenddou En avontuur volg kort op jou spoor Mag die somerreën jou volg daar waar jy gaan Die see se blou koel branders teen jou voete vasslaan Mag jou drome in werklikheid ontbind En waar die wind jou ookal waai, mag jy my liefde daar vind Die son sit laag en strooi sy sagte skemerlig Tussendeur skrefiesoe staar ons die verte in Die hier en nou vir 'n oomblik in ewigheid verbloem Terwyl ek oorleun en jou saggies op jou voorkop soen O lewenslus lei jou die koue naglug in En avontuur volg kort op jou spoor Mag die somerreën jou volg daar waar jy gaan Die see se blou koel branders teen jou voete vasslaan Mag jou drome in werklikheid ontbind En waar die wind jou ookal waai, mag jy my liefde daar vind Jou vingerafdrukke rus helder op die dag wat ons agterlaat En môre wag nog ‘n dag van lewe saam met jou Mag die somerreën jou volg daar waar jy gaan Die see se blou koel branders teen jou voete vasslaan Mag jou drome in werklikheid ontbind En waar die wind jou ookal waai, mag jy my liefde daar vind