Alice
Appel
3:37In elke klank en konsonant Lê al die eggo's van my verhaal So baie stories deur my vertel So baie keer die prys betaal Maar al die jare het aan my siel geskaaf Maar waar ek nou staan, staan ons vas en braaf Ek ken jou goed My naam is in jou bloed En al wil jy my stem stilmaak En al dink jy ek maak nie saak Kan jy maar uit my verlede gaan leer Ek sal weer opstaan, keer op keer En as jy my praat My hart verstaan Maak dit nie saak waar kom jy vandaan Oor krans en dal Ek bly jou stem Ek bly jou taal 'n Honderd jaar, nog eintlik jonk Nog soveel trefkrag Nog soveel vonk Laat jou asem my vlerke gee Sal jy my saamvat vêr oor die see Want deur die jare het ek jou grootgemaak Ek is die taal waarin jou hart ook praat Jy ken my goed My naam is in jou bloed En al wil jy my stem stilmaak En al dink jy ek maak nie saak Kan jy maar uit my verlede gaan leer Ek sal weer opstaan, keer op keer En as jy my praat, sal jy verstaan Dit maak nie saak, waarheen jy gaan Oor see en al Ek bly jou stem Ek bly jou taal Ek bly jou stem Ek bly jou taal Mmm Ek bly jou stem Ek bly jou taal