Droomvrou
Lucas Maree
Sunnyside se ligte hangsambreeltjies oor die straat Waar alle soorte goggas in die kegels rondspiraal Op die bodem van 'n bottel soek 'n boemelaar sy maat Terwyl hy slinger slinger deur Esselenstraat rond dwaal 'n Blitspatrolie motor staan straat af stil en wag Gereed vir brekers, rookers en agente van die nag Hoog in die woonstelblokke is die laat nuus amper klaar Waar bloedbelope oë na die TV skerm staar En Gideon se Bybel lê half onder die koerant Waar hoofopskrifte kerm oor die skaarsheid van kontant En Gideon se Bybel bly maar meesdal toegelos Deur hande wat gemoeit is by 'n knoeigeveg oor kos Die meeste mense lê al in lakens toegespin En duidelik druis die stilte as die slaapreses begin Net een venster is nog wakker waar 'n meisie haar ontkleë En elders word 'n verkyker se lense afgevee En Gideon se Bybel lê in donkerte gehou Waar 'n man, sy vrou en kinders met 'n ander meisie kul En Gideon se Bybel lê heel onder in die laai Waar die dromer in sy wolkokon vir die tweede slaap omdraai Dit is middernag en alles is nog wel Want Sunnyside is veilig in sy sel