Meer En Meer Soos Jesus
Piet Smit
3:41Kom dink 'n bietjie aan jou lewe En aan die onbekende pad wat jy van kleintydaf moes loop Kom dink aan elke afdraai, elke kruising, elke stop Aan al die kronkels in die pad wat jy moes loop Kom dink dan aan die gang van jou gedagtes Aan al die vrae sonder antwoord wat geknoop het in jou kop Kom dink aan elke ja, elke nee toe jy moes kies Al die besluite langs die pad wat jy moes loop En o ek glo Dan weet jy Dan glo jy En dan verstaan jy Alles was presies net soos dit moes wees Elke keer wat jy moes afdraai op die pad wat jy moes loop Was dit die leiding van die Heilige Gees Elke keer wat jy moes luister na die fluister in jou kop Was dit die stem van die Heilige Gees Kom dink dan aan die tye wat jy alleen was Aan al die hartseer, eensaam plekke in die donker langs die pad Kom dink dan aan jou Skepper, hoe Hy altyd by jou was Hoe Hy elke keer maar daar was soos jy roep En o ek glo Dan weet jy Dan glo jy En dan verstaan jy Alles was presies net soos dit moes wees Elke keer wat jy kon bid en voel jy's naby aan jou God Was dit die troos van die Heilige Gees Elke keer wat jy kom bid het, vrye toegang tot jou God Was dit die voorspraak van die Heilige Gees Troue Leier En Vertrooster Hy sal altyd By jou wees Hy is jou voorspraak By jou Vader Jou beste vriend Die Heilige Gees